Bespreking:Februarie

Page contents not supported in other languages.
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Is dit waar dat Oesjaar se uitspraak 'letteruitspraak' is en dat hierdie woord eintlik as 'febervari' uitgespreek en in Tulis ook geskryf word? Die Tulis فَِبِرْڤَارِي wys:

  • فَِ'n f met beide 'n kort 'a' en 'n kort 'i' bo en onder, wat dalk die klinker 'e' wys wat Arabies nie ken nie.
  • بِ'n 'b' met 'n kort 'i' daaronder
  • رْ 'n 'r' met 'n teken wat aangee dat dit geen klinker dra nie
  • ڤَ'n teken wat Arabies nie ken nie: 'n f met drie punte wat dalk die 'v' verteenwoordig wat Arabies nie ken nie. Dit dra nie kort klinker 'a' wat die volgende letterteken aankondig
  • ا die lang klinker alef
  • رِي Die letter 'r' gevolg deur 'n lang 'i'

Saam sê dit febirvārī en dit sê eksplisiet dat die r deur 'n medeklinker v gevolg word en nie deur 'n klinker nie.

Jcwf (kontak) 15:55, 29 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

Ja, dit klink soos letteruitspraak. Luister byvoorbeeld na die uitspraak by http://gesellig.co.za/t/Februarie. Groete. Naudefj (kontak) 16:06, 29 Julie 2019 (UTC)[antwoord]