Bespreking:more

Page contents not supported in other languages.
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Skrap?

Mense wat nie die kappie op hul sleutelborde kry nie spel môre so. Andersinds lyk dit vir my soos 'n spelfout. Groete. Naudefj (kontak) 18:21, 21 November 2017 (UTC)[antwoord]
Dis 'n erkende wisselvorm van môre. Terloops, ek weet nie waar hierdie vreemde fonetiserings vandaan kom nie. Volgens my word more [mo:rə] uitgespreek en môre [mɔrə], nie onderskeidelik [muə̯rə] en [mo:re] nie. Maar ek is nie 'n kenner van fonetisering nie. Winstonza (kontak) 19:28, 21 November 2017 (UTC)[antwoord]
Van Afrikaans weet ek dit ook nie, Winston, maar ons kan nie alles in een keer reg ruk nie, dus dink ek dat ons dit voorlopig beter so laat. Manie se fonetisering is seker nie altyd betroubaar nie. Die Franse woorde het bv. almal 'n klemtoon, terwyl die taal geen klemtone ken nie. Uiteindelik sal daar ook oudio-materiaal moet kom om dit goed te doen. Maar dit is baie werk en daar is genoeg vrugte wat laer hang en gepluk kan word. Jcwf (kontak) 20:22, 21 November 2017 (UTC)[antwoord]