Kategorie:Onvolledige werkwoorde in Nederlands

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Daar is werkwoorde in Nederlands wat slegs bepaalde vorme het terwyl ander vorme ontbreek. Dit is gewoonlik samestellings van werkwoorde met 'n naamwoord, dikwels wat 'n sport aandui.

'n Voorbeeld is boogschieten. Hiervan kan die infinitief werkwoordelik gebruik word in byvoorbeeld:

Hij heeft altijd goed kunnen boogschieten.

Soms kom die voltooide deelwoord voor:

Hij heeft vaak booggeschoten

Of die uitgebreide infinitief:

Hij begon later boog te schieten.

Maar vorme soos die volgende kom nie of nouliks voor nie:

Ik geloof dat hij boogschoot <--twyfelagtig
Ik schiet boog <--uitgesluit

Watter vorme optree, verskil van geval to geval.

Bladsye in kategorie "Onvolledige werkwoorde in Nederlands"

Hierdie kategorie bevat slegs die volgende bladsy.