Wiktionary:Oorganklik en onoorganklik

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

'n Hoofwerkwoord kan oorganklik of onoorganklik wees, en soms beide.

Oorganklike werkwoorde[wysig]

In die sin het die werkwoord 'n voorwerp (V) of kan deur 'n voorwerp gevolg word.

Byvoorbeeld:

Ons eet graag spinasie(V).
Ek het haar(V) by die skool gesien.

Onoorganklike werkwoorde[wysig]

Dié werkwoorde kry nooit 'n direkte voorwerp nie.

Byvoorbeeld:

Ons eet graag.
Sy gesels aanmekaar.