Wiktionary:Werkwoord

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Wikipedia het 'n artikel oor:
Wikipedia

'n Werkwoord is 'n woord wat die handeling (aksie) van 'n sin beskryf. Die werkwoord is die belangrikste woord in 'n sin en is daarom redelik maklik om uit te ken. Tipiese werkwoorde is: eet, loop, praat, spring en ry. As voorbeeld, gegewe die sin: "Ek opdateer die woordeboek.", is "opdateer" die werkwoord.

Tipes werkwoorde[wysig]

Selfstandige werkwoord[wysig]

'n Selfstandige werkwoorde kan alleen (of selfstandig) in 'n sin staan. Voorbeelde:

  • Hy opdateer die wiki.
  • Sy bestuur haar motorfiets.
  • Die man kap hout.

Hulpwerkwoorde[wysig]

Hulpwerkwoorde help die selfstandige werkwoord. Voorbeelde:

  • Die vrou het die wiki opgedateer. (dui verlede tyd aan)
  • Die man sal môre die hout kap. (dui toekomende tyd aan)

Dié werkwoorde behoort tot die bedrywende vorm. Die onderwerp ("die vrou", "die man") is besig om iets te doen

Talle van werkwoorde (die oorganklike werkwoorde) het ook 'n lydende vorm wat met ander hulpwerkwoorde gevorm word:

  • Die koei word deur die man gemelk. (dui teenwoordige tyd van die lydende vorm aan)
  • Die koei is deur die man gemelk. (dui verlede tyd van die lydende vorm aan)
  • Die koei sal deur die man gemelk word (dui toekomende tyd van die lydende vorm aan).

Merk op dat die onderwerp ("die koei") nie besig is om iets te doen nie. Dis "die man" wat melk. In bedrywende vorm kan ons sê:

  • Die man melk die koei

Hier is "die koei" die lydende voorwerp.

Koppelwerkwoorde[wysig]

Koppelwerkwoorde word gebruik waar daar koppeling van die werkwoord nodig is. Voorbeelde:

  • Die vrou is haastig. (koppeling tussen "Die vrou" (selfstandige naamwoord) en "haastig" (byvoeglike naamwoord)).

Die infinitief[wysig]

Dit is gewoonlik waar die werkwoord na te of om te gebruik word. Voorbeelde:

  • Hierdie huis is te koop.
  • Om te swem is lekker.
  • Om (vinnig) te stap, is goeie oefening

Soms het die infinitief sy eie vorm:

  • ek het -- om te
  • ek is -- om te wees

In die toekomende tyde word die infinitief ook sonder (om) te gebruik:

  • ek sal sien
  • ek sal wees

Die deelwoorde[wysig]

Die verlede tyde word gevorm met 'n voltooide deelwoord.

Nie-samegesteld[wysig]

Die voltooide deelwoord van nie-samegestelde werkwoorde kry ge-

te werk -- ek het gewerk
te -- ek het gesê

Werkwoorde op -eer kan met of sonder ge- gebruik word

te probeer -- ek het (ge)probeer.

Samegesteld[wysig]

Daar is twee tipes samegestelde werkwoorde: skeidbaar en onskeidbaar

Skeidbaar[wysig]

Die skeidbare werkwoord kry -ge-:

  • oppas – op te pas – ek pas op – ek het opgepas

Die klemtoon is altyd op die eerste skeidbare deel: óppas.

Onskeidbaar[wysig]

Die onskeidbare werkwoorde kry geen -ge- nie:

  • omarm – te omarm – ek omarm – ek het omarm

Die klemtoon is altyd op die tweede deel: omárm.