prima facie

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Prima facie is 'n Latynse uitdrukking wat die volgende kan beteken:

  • op die oog af
  • met/by eerste oogopslag
  • oënskynlik

Hierdie term (prima facie) word in moderne regstaal (insluitende burgerlike en strafreg) gebruik om aan te dui dat na aanvanklike ondersoek voldoende bewysstukke blyk te bestaan om 'n saak te ondersteun.

In gemeenregtelike jurisdiksies dui prima facie getuienis aan dat, tensy dit weerlê word, voldoende sou wees om 'n bepaalde stelling of feit te bewys. Die meeste regsgebiede vereis dat 'n prima facie-saak bestaan, waarna 'n proses kan begin om dit te toets en 'n beslissing te skep.

    Sinonieme

Voor die handliggend


prima facie-saak