approbasie

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

In die algemeen beteken approbasie om amptelike goedkeuring te kry.

In meeste kerke is dit die gebruik om die name van mense af te kondig wat ter approbasie voorgehou word (met ander woorde: om die nodige kerklike goedkeuring te verkry) om in die besondere ampte van ouderling of diaken te dien. Dit is om ander die geleentheid te gee om beswaar aan te teken. Indien daar geen geldige besware aangeteken word nie, gaan die kerkraad gewoonlik voor om hierdie mense aan te stel.

    Voorbeeldsinne

Die kerkraad hou die volgende twee broers ter approbasie as ouderlinge vir die gemeente voor...

    Sinonieme

goedkeuring

    Antonieme[wysig]

verwerping

    Vertalings

Engels = approbation