metafoor

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

'n Metafoor is wanneer A gelyk gestel word aan B, met die intensie om die kenmerkende eienskap van B aan A toe te dig. 'n Metafoor is baie naby aan 'n vergelyking, met die verskil dat 'n vergelyking die woord "soos" bevat:

  • Vergelyking: Jou gesig is so rooi soos 'n tamatie
  • Metafoor: Jou gesig is 'n tamatie

In die voorbeeld hierbo word 'n persoon se gesig (A) gelyk gestel aan 'n tamatie (B). Die kenmerkende eienskap van 'n tamatie (B) is dat dit rooi is. Die intensie is dus om hierdie eienskap aan die persoon se gesig (A) toe te dig.

    Sinonieme

vergelyking