Bespreking:boendoe

Page contents not supported in other languages.
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Daar is 'n inserresante bespreking hieroor by https://groups.google.com/forum/#!topic/soc.culture.south-africa.afrikaans/Pap1v7w1dXE

Stefan Harms skryf:

(knip)
> In die bundu (boendoe). *
>            Gloudina Bouwer

'n Rukkie gelede het ek dieselfde vraag omtrent die oorsprong en betekenis van BOENDOE gehad. 'n Bietjie naleeswerk het die volgende na vore gebring:

Die Engelse woord BOONDOCKS is afgelei van 'n Maleisiese woord BUNDOK en het die volgende betekenis:
                1. rough country filled with dense bush
                2. a rural area : sticks.
Nou wonder ek net - het ons die woord van die Engels oorgeneem of van die Maleisies.

Willem

Ja ek het dit ook gesien, maar...

Indonesies bunduk bestaan wel maar word beskrewe as keturunan yang tidak asli (tidak murni, tidak sejati); bastar

Google translate vertaal dit as

offspring that are not genuine (not pure, not true); hybrid

Daar is ook bundung, maar dit is ook wat anders:

penyakit bengkak pada leher (tentang binatang ternak)

swollen disease in the neck (about livestock)

Die en.wiktionary gee as brontaal van boondock Tagalog wat Filipyns is, nie Maleis(ies) nie.

Ek dink Willem se storie is 'n toebroodjie-aap-verhaal. Jcwf (kontak) 14:21, 30 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Volgens die Etimologiewoordeboek van Afrikaans kom "boendoe" uit Zoeloe i(li)bunda: woudboom, struike. Winstonza (kontak) 18:15, 30 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]
Volgens die HAT: "waarskynlik <Zoeloe". Groete. Naudefj (kontak) 19:49, 30 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]