Bespreking:gerundivum

Page contents not supported in other languages.
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Gaaf, as ek die storie nou reg verstaan is 'n konstruksie soos "moet-lees" in Latyn 'n gerundivum:

Trompie is 'n moet-lees boek!

Groete. Naudefj (kontak) 04:55, 7 Desember 2017 (UTC)[antwoord]

Ja. Ek het 'n bietjie gekyk hoe dit in Nederlands gaan. Dit lyk dat die te-vorm soms selfs as 'n verbuigbare gerundivum gebruik word:
«Het te verklarene »
dit wat verklaar moet word. Kan mens sê: dit wat te verklaar is?
Eintlik het Afrikaans en Nederlands ook 'n gerundium "te verklaar". Indien dit as selfstandige naamwoord gebruik word is dit gerundium, seker in goeters as "tot bloedens toe" waar bloedens 'n genitief van "het bloeden" is. As dit 'n moet-doen b.nw is, sou die Latyne dit 'n gerundivum noem. Natuurlik is dit gevaarlik die Latynse terme sommer oor te neem. Hierdie fout is in die Nederlandse grammatika té dikwels gemaak. Jcwf (kontak) 05:56, 7 Desember 2017 (UTC)[antwoord]
Hmm, in juridiese taal (altyd baie konservatief) kan jy dit terugvind:
Dit is duidelik dat al drie hierdie te bewyse feite objektiewe faktore is. pdf