Wiktionary:Voegwoord
Voorkoms
'n Voegwoord is 'n woord wat verskeie sinne of dele daarvan bymekaar voeg.
Daar kan twee hoofgroepe onderskei word: die neweskikkende en onderskikkende voegwoorde.
Neweskikkende voegwoorde
[wysig]Neweskikkende voegwoorde soos en, maar en want voeg sinne saam wat gelykwaardig is. In Afrikaans (asook Duits of Nederlands) is die woordvolgorde dieselfde in die twee sinne:
- Hy het 'n kar gekoop en hy het huis toe gegaan
Onderskikkende voegwoorde
[wysig]Onderskikkende voegwoorde soos omdat, hoewel voeg 'n hoofsin saam met 'n bysin. In Afrikaans (asook Duits of Nederlands) verander die woordvolgorde in die bysin:
- Hy het 'n kar gekoop hoewel hy nie huis toe gegaan het nie.
In ander tale soos Engels of Frans bly die woordvolgorde dieselfde:
- He bought a car but he did not go home
- He bought a car though he did not go home
Meer inligting
[wysig]- Sien Wikipedia vir meer inligting oor Voegwoord.