Wiktionary:Lidwoord
Die lidwoord is 'n woordsoort wat saam met 'n selfstandige naamwoord gebruik word.
Soorte lidwoorde[wysig]
Bepaalde lidwoord[wysig]
Die bepaalde lidwoord dui iets spesifiek aan.
- Die kind speel in die tuin.
- Die potlood is myne.
Hier is "die" 'n bepaalde lidwoord, omdat dit na 'n bepaalde kind in 'n bepaalde tuin verwys.
Onbepaalde lidwoord[wysig]
Die onbepaalde lidwoord dui nie iets spesifiek aan nie.
- ’n Man werk in ’n land.
- ’n Klip het my kop getref.
Hier is "’n" 'n onbepaalde lidwoord, want daar word nie verwys na 'n spesifieke man, klip of land nie.
Argaiese en verouderde vorme[wysig]
- 'n Kind des doods.
- 'n Saak in der minne skik.
- Wat de duiwel.
- Ter elfder ure.