Sjabloon:-af-b.nw-
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Sjabloon:-afadjc-)
Byvoeglike naamwoord | |||
---|---|---|---|
Trap | Predikatief | Attributief | Partitief |
Stellend |
Sien ook {{-af-b.nw2-}} en {{-af-b.nw3-}}.
- Parameters
- 1: Die vorm wat die woord het as deel van die predikaat, as attribuut ná 'n naamwoord, of as bywoord, bv. Hierdie dag is heeltemal te lank; Die wind is koud; Die windjie, koud en skraal, sny deur haar trui; Die wind waai koud om die huis.
- 2: Die vorm (gewoonlik met -e) wat die woord het as attribuut voor 'n naamwoord, bv. Die lang pad; Die koue wind.
- 3: Die partitiefvorm (ook genoem partitief-genitief) met -s wat dit het ná woorde soos "iets" of "niks", bv. Wil jy iets kouds drink?
- Opsioneel
- 4: Die vergrotende trap met -er, bv. Dit is langer as wat ons verwag het; Die langer pad; Die bier is kouer as die koeldrank.
- 5: Die partitiefvorm van vergrotende trap met -ers, bv. Het jy niks langers nie?; Het jy nie iets kouers om te drink nie?
- 6: Die oortreffende trap met -ste bv. Daardie pad is die langste; Die koudste bier.
- Opsioneel
- 7,8: Gebruik as selfstandige naamwoorde, bv. Hy is die lange; Hulle is die langes; Die koue het ons onkant betrap; Daar is drie koues in die yskas.
- 9: Die oortreffende trap as bywoord gebruik: Hy het die langste uitgehou; Die wind waai vandag die koudste nog hierdie winter.
- Opsioneel
- 10: intensiewe vorms: lewenslank, yskoud
- In Afrikaans het nie alle b.nwe. 'n aparte attributiewe vorm nie, soos "dit is groot, 'n groot ding". Herhaal asseblief "groot" vir parameter 2.
- Die partitiefvorm op -s word ook nie baie gebruik nie. Indien dit nie voorkom nie, gebruik "—" as inskrywing.
- Vergrotende en oortreffende trappe bestaan ook nie vir alle b.nwe. nie. Laat hulle leeg, sodat dit nie in die tabel vertoon word nie.