Wiktionary:Naamwoord

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Naamwoorde is naas die werkwoorde en die bywoorde in 'n breër sin een van die drie hoofgroepe van 'n taal se woorde asook die grootste groep daarvan. 'n Naamwoord gee 'n naam aan 'n bepaalde begrip of ding. Daar is verskeie soorte naamwoorde. Die twee hoofgroepe is:

Die Selfstandige naamwoorde
Die Byvoeglike naamwoorde

Daar is ook 'n paar gespesialiseerde soorte naamwoorde, soos:

Die eiename
Die verkleinwoorde
Die voornaamwoorde
Die telwoorde
Woorde wat kleure aandui.