Wiktionary:Telwoord

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Wikipedia het 'n artikel oor:
Wikipedia

Telwoorde is woorde wat getalle en hoeveelhede uitdruk. Hulle kan as gesepsialiseerde naamwoorde beskou word. Telwoorde word onderverdeel in hooftelwoorde en rangtelwoorde:

Uitkenning[wysig]

Telwoorde is gewoonlik spesiale byvoeglike naamwoorde, maar hulle kan ook selfstandig gebruik word. Toets vir telwoorde deur die volgende vrae te vra:

Kan jy dit in syfers uitdruk? Hooftelwoord (uitsondering: onbepaalde hooftelwoorde kan nie in syfers uitgedruk word nie.)
Dui dit 'n rangorde aan? Rangtelwoord

As voorbeeld:

sestien > 16
tweede > 2de

Hooftelwoorde[wysig]

'n Hooftelwoord dui presies die hoeveelheid aan. Dit kan bepaald of onbepaald wees.

Bepaalde hooftelwoord:

een, twee, drie, honderd

Onbepaalde hooftelwoord:

talle, weinig, min, verskeie, baie, hoeveel

Rangtelwoorde[wysig]

Rangtelwoorde dui die rang (volgorde) aan. Dit kan bepaald of onbepaald wees.

Bepaalde rangtelwoord

eerste, tweede, derde, vierde

Onbepaalde rangtelwoord

laaste, middelste, meeste, minste, hoeveelste