Wiktionary:Tussenwerpsel

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

'n Tussenwerpsel is 'n woord of groep van woorde wat buite die gebruikelike sinsverband geuiter word, dikwels as 'n uitroep. Dit kan 'n versugting wees, 'n uitroep van pyn, verbasing, verrukking ensomeer.

Van die tussenwerpsels bestaan net as sodanig, soos "hoera!" of "eina!" Maar daar is ook talle woorde wat as selfstandige naamwoorde in 'n sin gebruik kan word, wat soms ook as tussenwerpsel gebruik word, soos "Man!"

Dit geld ook vir eiename soos "Japie":

In sinsverband: Japie het gister gekom.
As tussenwerpsel: Japie! Hoe gaan dit?

In tale soos Tsjeggies, Latyn, Skots-Gaelies of Xhosa kry die woord as dit as tussenwerpsel gebruik word 'n ander vorm. Dit word gewoonlik as 'n naamval beskou, die vokatief.

Meer inligting[wysig]

Sien Wikipedia vir meer inligting oor Tussenwerpsel.