Wiktionary:Verkleinwoord

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

'n Verkleinwoord is 'n gespesialiseerde vorm van 'n naamwoord, gewoonlik van 'n selfstandige naamwoord. Die grondbetekenis is om aan te gee dat die woord na 'n klein weergawe verwys, maar verkleinwoorde kan ook geleksikaliseer raak, waarby hulle hul eie betekenisse ontwikkel.

In Afrikaans is verkleinwoorde baie algemeen, byvoorbeeld:

'n Hond --> 'n hondjie

In sommige tale soos Italiaans kom ook die teengestelde voor: vergrootwoorde.