Gebruikerbespreking:Suidpunt

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Jump to navigation Jump to search

Welkom[wysig]

Baie welkom!

Welcome to our foreign guests!


Dagsê Suidpunt!

Indien jy hierdie dooie projek opnuut lewe wil inblaas sal ek probeer om je te help, maar ek weet ook nie presies wat Manie se metodes gewees het nie. Ek dink jy kan daarvan maak wat jy wil. Die -nl- goeters byvoorbeeld is 'n gemors. Manie het geprobeer Nederlands sy verlore naamvalle terug te gee en dit is verskriklik.

Ek hoop dat jy nie kwaad op my is nie Jcwf (kontak) 17:07, 6 November 2016 (UTC)

Ek is glad nie kwaad nie. U het my in elk geval niks gemaak nie (die titulatuur was maar net bietjie spottery). Wat ek by my vorige briefskrywery aan JCIV bedoel het was – u is senior lektor aan 'n universiteit. En die laaste ding wat mens nodig het is 'n Suidpunt wat op jou nek kom staan en lê oor grammatikareëls wat Latyn betref. Voyageur is ook druk besig op die oomblik, so – ek kan netsowel begin met die leksikografiese afdeling. Al is ek die enigste persoon wat hier sal ronddwaal. Waar daar lewe is, is daar hoop. Ek het nog gewik en geweeg of ek artikels wil begin oor Duitse en Nederlandse skrywers, net om 'n bietjie kruisbestuiwing tussen die DACH-lande en Nederlands/België aan te help. Maar die bladtrekke (page views) het my hoop in my skoene laat sak. Iets meer radikaals (radix, die wortel) moet gedoen word.
Ek het Wikipedia verlaat grootliks omdat ek my wil toewy aan die woordeboekmakery. As langtermynprojek. 'n Deeglike woordeboek duur tot elf jaar. Ek is by Dag 0. En hoe langer ek wag, hoe minder gaan ek gedoen kry. Van ons professore, soos Dr. Rufus Gouws, glo Wiktionary het hope potensiaal. Beter selfs: Kiwix.org maak ook seker hierdie hele Wikiwoordeboek-projek kan mens aflaai.
WikiBooks kan later gebruik word om Latynse grammatikaboeke te maak werk: daar is eenvoudig sekere dinge wat jy nie op Wikipedia kan doen nie. Soos oefeninge uitwerk. Dit was trouens ook u idee dat meer moeite gedoen moet word om taalvaardighede gratis aanlyn beskikbaar te stel. En daarom is ek nou hier.
Verder is daar nou genoeg mense wat daagliks werk by die Afrikaanse Wikipedia. Ek het voorgestel dat die akademici betrek moet word aan Suid-Afrikaanse universiteite, en nou het ons literatore wat daar werk. Hier by Wikiwoordeboek is nog niemand nie. As iemand sien hier is lewe, sal meer mense hierheen kom. En vir diegene by Wikipedia ek is steeds bereikbaar. Suidpunt (kontak) 17:28, 6 November 2016 (UTC)

Verplaas van af.wiki

Volgorde op Wikiwoordeboek[wysig]

Geagte Hooggeleerde Heer (volgens Van Dale se titulatuur)

Ag, asseblief..

U was sedert die ontstaan van die Afrikaanse Wikiwoordeboek betrokke.

Aangesien ek toegegooi is met Latynse woordeboeke en leerboekies, wil ek graag in my vrye tyd bou aan 'n Latyn-Afrikaanse woordeboek op Wikiwoordeboek. In die proses bou ek 'n woordeskat op, nie alleen vir myself nie, maar ook vir lesers daarbuite.

Ek wou eers vanmiddag 'n rits sjablone skep wat min of meer ooreenstem met die Duitse Wiktionary s'n. Maar soos ek begin deurlees, het ek al hoe meer besef hoe wisselvallig die volgorde van die verskillende woorde is.

Lyk die volgorde min of meer so? Ek probeer vir my min of meer 'n konstante stelsel op te bou:

1. Uit watter taal is die spesifieke woord? byvoorbeeld {{-la-}} vir Latyn

Ek sien die Nederlande wiktionary gebruik =la= (hoofopskrif) i.p.v. -la- (opskrif). Miskien kan ons dieselfde doen?

2. Watter woordsoort is dit? (Sjabloon bestaan wel)
3. Hoe lyk die lettergrepe (sjabloon bestaan nog nie)

Ek sien jy het reeds {{lettergrepe}} geskep, hoewel ek wonder of dit nie eerder {{-lettergrepe-}} moet wees nie ('n opskrif).
Dis nou {{-woordafbreking-}}. Sien Wiktionary:Sjabloonwysigings. Groete. Naudefj (kontak) 12:48, 26 Oktober 2017 (UTC)

4. Voeg vervoegings- of verbuigingstabel in, asook enkelvoud en meervoud soos nodig.

Ja, dink ek, hoewel Manie die genus ook apart gee. de.wikti doen dit ook, maar dit het ook nadele, indien dieselfde woord verskeie geslagte kan hê

Hier het ons 'n uiters sorgsame probleem: By "Sjabloon:-la-s.nw-k-n-" word geen skakels toegelaat nie. Ek wys byvoorbeeld na nomen: nōminī en nōminibus kan byvoorbeeld nie toeganklik gemaak word nie.

Maar dan weer – waarom sou direkte toeganklikheid nodig wees? Die Nederlandse WikiWoordenboek het dit nie. Iemand mag miskien net per ongeluk op oculi afkom en wonder wat die woord beteken. Dan sien jy dit is die nominatiewe meervoud () en die genitiewe enkelvoud (van die oog) asook vokatiewe meervoud (Ag, oë! Sien tog net!) van oculus: oog.

Op nl.wikti het ons besluit om alle vorme 'n bladsy te gee, maar net een 'n volle een. Die bladsy oculi sal net sê dat dit 'n genitief sing. en nom pl. van oculus is, moontlik met 'n voorbeeldsinnetjie.

5. Hoe lyk die uitspraak? (sjabloon bestaan wel, maar ek het nie 'n idee hoe Manie dit noteer het nie; ek sal hoofsaaklik fokus op die Klassieke Latyn uit die Duitse, Engelse en Hollandse Wiktionary)

Dit is vir Latyn 'n groot probleem omdat dit van die tydperiode afhang. Persoonlik dink ek dat WW dit beter nie probeer weer te gee nie, maar dit is jou taal Suidpunt, nie die myne nie.

6. Wat is die betekenisse? (sjabloon bestaan wel)
7. Wat is die woordherkoms? (Sjabloon bestaan nie; 'n horlosietjie sal mooi lyk)

dit is jou taal Suidpunt, nie die myne nie.
Reeds by {{etimologie}} (deur jouself), hoewel dit dalk eerder {{-etimologie-}} moet wees.

8. Watter voorbeeldsinne is daar? (Sjabloon bestaan nie; 'n ry boeke sal mooi lyk)

dit is jou taal Suidpunt, nie die myne nie.
{{voorbeeldsinne}} (ook deur Suidpunt). Moet dalk {{-voorbeeldsinne-}} wees?

8.1. Watter uitdrukkings en spreekwoorde is daar?
8.2. (Voeg vertaling onderaan )
9. Watter sinonieme of antonieme is daar? (Sjabloon bestaan)

Ek weet nou net nie waar mens Arabiese of Latynse of enige alternatiewe skryfwyses moet invoeg nie. Plaas ons dit heel laaste? Suidpunt (kontak) 16:12, 6 November 2016 (UTC)

Ook hier: dit is jou taal Suidpunt, nie die myne nie. Ek het my twyfels daaraan gehad oor die nut van al daai tulis wat Manie so belangrik gevind het, maar daar is natuurlik Afrikaanses wat moslim is en anders daaroor dink. Dit sou 'n goed ding vir Afrikaans wees indien alle Afrikaanses aan wiki gaan deelneem nie net die NG-Orania hulle nie. Maar 'n verskuiwing van die tulis naar die eind is seker te oorweeg. Bedink egter wel dat dit baie werk oplewer. Wiktionary kan baie tydrowend wees. Meer as Wikipedia: wiktionary is tedious. As jy al die Afrikaanse bladsye gaan verander deur die Tulis te verskuif, gaan jy min Latyn toevoeg.

Jcwf (kontak) 17:42, 6 November 2016 (UTC)

Die uitleg van Latynse lemmata word by Wiktionary:Sjabloon/Latyn beskryf (soos Manie dit oorspronklik bedoel het). Ek sien jy het reeds 'n klomp sjablone geskep, maar ek wonder of hulle met 'n koppelteken moet begin nie, aangesien hulle opskrifte verteenwoordig. Inskrywings kan natuurlik ook op groot maat gelaai word. Laat weet gerus as ek jou daarmee kan help. Groete. Naudefj (kontak) 09:55, 8 Oktober 2017 (UTC)

Blommetjies[wysig]

Soos jy weet, het ek die laaste tyd artikels oor blommetjies geskryf. Daarby het ek dankbaar gebruik gemaak van inligtings van de SANBI-rooilys en skakels na hulle werf neergesit. Maar nou kan ek dit nie meer bereik nie. Is hul bediener / database regtig down of het hulle my geblokkeer? Kan jy probeer hulle werf te besoek? Jcwf (kontak) 20:35, 25 November 2016 (UTC)

Ek het presies dieselfde probleem pas gekry, ja. Dit lui: DATABASE ERROR: Unable to connect to database server ( http://redlist.sanbi.org/ ). Hoop dit kom gou reg, Groete. Suidpunt (kontak) 10:28, 26 November 2016 (UTC)
Dankie, puncte australe Jcwf (kontak) 15:20, 26 November 2016 (UTC)

wikibooks[wysig]

Hi Suidpunt,

Ek het geprobeer om die boek Afrikaans van die nl.wikiboeks wat te verbeter, veral die [Afrikaans/Afrikaanse bijvoeglijke naamwoorden Adjektiewe] wat ek steeds moeilik bly vind en die [Afrikaans/Afrikaanse voornaamwoorden Voornaamwoorde] en ek sou dankbaar wees, indien jy dit effens wil kontroleer. Daar is steeds goeters wat ek nie goed begryp nie, byvoorbeeld die gebruik van die voornaamwoorde watter en welke. Die doelstelling van hierdie boek is om dit makliker te maak vir Nederlands-sprekers om Afrikaans te leer. Ek weet uit eie ervaring dat dit glad nie eenvoudig is nie. Nederlands is so behulpsaam as dit 'n hindernis is.

Jcwf (kontak) 05:02, 8 Maart 2017 (UTC)

Afrikaanse woordelys in elektroniese vorm[wysig]

Het jy hoegenaamd 'n Afrikaanse woordelys in elektroniese vorm? Iets soos 'n .csv-lêer? Adriaan Joubert (kontak) 10:29, 9 Maart 2017 (UTC)

Hallo Adriaan. As jy nie lus het om te wag vir die AWS om in Augustusmaand te verskyn nie, gaan na WSpel en laai die speltoetser af. ( https://wspel.wordpress.com/ ) Kyk regsbo. By die ouer weergawes is die "woordeboek" 'n .txt-lêer wat 11 Meg groot is.
As jy die program klaar installeer het, werk my ou MS Office 2007 so (ek gebruik die ouer weergawes... ek weet nie hoe die nuwe een sal reageer nie): Jy klik in Word op die veelkleurige (Microsoft) knoppie in die program links bo. Klik dan op Word Options in die tuimellys wat dan verskyn (dit is onder, min of meer regs/middel), klik op Proofing, klik op Custom Dictionaries. Daar sal jy sien staan Afr Woordeboek.dic. Klik daarop en kry die adres. Dit kan met Notepad oopgemaak word. Suidpunt (kontak) 10:51, 9 Maart 2017 (UTC)
As jy wil weet: probeer by ouer boekwinkels (soos tweedehandse winkels) woordeboeke kry met CD-Roms. Ek het byvoorbeeld 'n Blokkiesraaiselwoordeboek nou die dag met 'n "Woordvinder" in aangekoop. Ironies genoeg is die Engelse, soortgelyke!, OneAcross.com gratis. In 2009 het ek wel vir my 'n ware HAT gekoop, omdat dit nog 'n CD in gehad het. Die probleem is met die moderne woordeboeke: jy kry nou slegs 6 maande toegang tot die HAT-aanlyn, en dan verval dit. 'n CD het jy lewenslank saam met jou, solank jou rekenaar en ou bedryfstelsel jou program kan ondersteun. Natuurlik moes hulle die projek staak weens roofkopiëring. Suidpunt (kontak) 10:56, 9 Maart 2017 (UTC)
Ek wil 'n volledige woordelys inklusief van samestellings bou. Wil jy saamwerk? Ek kan jou byvoeg op 'n aanlyn spreivel, waar ek jou ook meer kan vertel hoe dit werk. Ek het net jou e-posadres nodig. Adriaan Joubert (kontak) 11:00, 9 Maart 2017 (UTC)
Sien jy werklik kans vir iets soortgelyk aan "meer as 526,000 woorde in die WSpel-woordelys" soos hul webwerf dit stel? Want jy sal mos elke liewe woord mos moet nagaan of dit enigsins bestaan, dan nie? En as jy nie 'n digitale (werkbare, plooibare, speelbare?) bron het om mee te vergelyk nie, dan sal jy alles mos met die hand moet doen? Op die oomblik is ek ongelukkig self in my eie projekkie gewikkel. Volgens die soekresultate is Antoniem en Sinoniem van die artikels op Wikipedia wat die meeste deur skoolkinders besoek word, en gewoonlik via selfoon. Jy sal insien die artikels lyk maar bra … onbruikbaar.
Ek het Dinsdag op 'n boek afgekom genaamd Woordekeus:Sinonieme en Antonieme deur Gerhard Aucamp. Die hele Kaapse biblioteekstelsel het slegs een boek. Gelukkig vir ons (jammer as ek nou onsensitief klink) is Aucamp se werk postuum uitgegee – hy is in 1962 oorlede, dieselfde jaar toe sy boek sou verskyn. Ek is nou besig om die boek af te tas (scan), dan gaan ek die goed OCR, deurlopend redigeer, en uiteindelik laai ek dit by Wikibron, met die oorspronklike blaaie by Commons (soos wat ek met Die Afrikaanse gedagte gedoen het). Omdat die inligting digitaal is, kan almal dan daarmee maak wat hulle wil, jy ingesluit. Jy kan dit ook hier na hartelus by Wiktionary gebruik. Dit is so 142 bladsye lank. Suidpunt (kontak) 11:46, 9 Maart 2017 (UTC)

Afscheid van Afrikaans.[wysig]

Ik houd op met Afrikaans. Niet vanwege de taal, maar wel vanwege de sprekers ervan. Ik zou daar een aantal epitheta aan kunnen hechten, maar zelfs daar ben ik te moe voor. Jcwf (kontak) 18:14, 1 April 2018 (UTC)

My gewete is engelrein, Jcwf - ek was gister die hele middag besig met 1.000 punte (dus 100 oefeninge) van Nederlands op Duolingo. Hierdie week het die lotusblom om hemel by nag oopgegaan!
Ek het op 4 Maart 2017 'n boek oor skeepsrampe aan die Overbergse kus (2012) gekoop. Betreklik dun. Teen R200,00. Ek was nogal teleurgesteld dat die geraadpleegde bronne slegs in Engels geskrywe is, want gegewe al die veeartsenykundige boeke uit die 1950's wat Franse, Deense, Duitse, Nederlandse en betreklik min Afrikaanse bronne gebruik gemaak het [wat toe nog nie so volop was nie], verwag ek in 2018 nie veel minder nie.
So kom ek op Dr. Jan Malan se boek af (klaargelees 27 Maart 2018), Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Struisbaai 1722 (2017). Malan het in 2013 sy navorsing begin, want êrens was daar 'n "Malan(g)" betrokke by die hele storie. Genoeg om 'n Hugenote-afstammeling lont te laat ruik. En deur sy navorsing vlek Dr. Malan 'n hele paar leuens oop wat gereeld in Afrikaanse en Engelse bronne keer op keer, herhaaldelik, ad nauseum, opduik.
DINK JOUSELF IN! ONS EIE PIRATES OF THE CARIBBEAN IN NEDERLANDS!
Meestal maak mense blindelings en swaar van E. Rosenthal ('The Hinges Creek') en Lawrence Green ('South African Beachcomber') se (postmoderne?) fiksie / kontreistories gebruik. Maar wat kan ons nog skok? Hierdie pikkedilletjies is klein teen die film 'Krotoa'! Dit is mos fiksie wat sommer oornag in die waarheid omgetower word. En in feitegidse gepubliseer word.
Nou volgens "oorlewering" het Kaptein van Soest doelbewus landwaarts geseil om die V.O.C. se skip te kelder in die Agulhasrif. Deur die skip te kelder, kon hy vragroof of wrakroof pleeg en op Vergelegen gaan begrawe. Of iemand kry om die grawewerk te doen. Die skelm handlangers/boere sou glo met rookseine slaggereed staan (haai, amper soos in die verhaal "Die lanternswaaier" (2011)!). Een van die offisiere was boonop bewus van die kaptein se smokkelbedrywighede, en sy lyk word kort daarna met 'n gapende wond ontdek! Die vrag vol edelgesteentes, goud, silwer en ornamente word in die vrugteboorde begrawe. So gaan Van Soest later na die Kasteel, om nie agterdog te wek nie. Die wrak moet egter ondersoek word - ja, niks lyk snaaks nie, die wrak kan maar aan die brand gesteek word.
Maar Hendrik Klopper, van Vergelegen, raak vreeslik neerslagtig. Sy gewete begin hom pla. En die ander ook. En toe word Klopper doodgeskiet - en net hy het geweet waar die skat is! En Van Soest is nêrens te vinde nie. Ek haal aan:
"Nog rus die goewerneur nie en uiteindelik word Van Soest, Van der Heiden en Malan van strandroof aangekla. Hulle beken die roof teen die VOC en word gemartel om te onthul waar die skat versteek is. Almal getuig egter dat Klopper dit kan verklaar en dié geheim is saam met hom in sy graf. Uiteindelik is Van Soest ter dood veroordeel en geradbraak. Van der Heyden en Malan is in kettings na Batavia verban." - bl. 70, "Skeepsrampe aan die Agulhas-kus", Jeannette Grobbelaar, 2012.
Dit is moeilik om die hele boek van 161 bladsye op te som in enkele paragrawe, maar kom ons probeer:
Dr. Malan vind egter al bogenoemde is 'n broodje aap. Wat in die V.O.C. se amptelike dokumente staan strook nie met Rosenthal en Green se fiksie nie. Die hele skeepsramp kan toegeskryf word aan seestrome, die nalatigheid van loodpeiling wat nie gedoen is nie (en die offisiere en skeepskaptein wat mekaar die skuld toegeslinger het en hulself vervolging probeer spaar het), die weer wat deinserig was en misgissings wat die berekeninge betref. Van Soest het hééltyd by die wrak gebly [terwyl ander Kaap toe gestap het], hoewel hy het geen beheer gehad het oor die gewelddadige matrose wat links en regs alles loop staan en plunder het nie.
Die res van die verhaal kan jy vlugtig gaan lees by
Deel 1: https://family.morkel.net/wp-content/uploads/Schoonenberg-Malan-1-Finaal-.pdf en
Deel 2: https://docmh.com/the-philosophy-of-money.html?utm_source=die-voc-skip-schoonenberg-waarheid-en-verdigsel-deel-ii-strandroof-na-stranding-in-1722-pdf&utm_campaign=download
of
https://docmh.com/download/documents-oVIG5tyi9YiJWOBgO4iGtri0gh3vjDByo95ktttthB23ftaUoirIAzyGGr1QUte9t9kMs
Die Raad van Justisie aan die Kaap het die kaptein en sy offisiere aan nalatigheid skuldig bevind en die vonnisse het gewissel van ontslag uit die diens van die VOC tot berisping. Alle (ontslane) bemanningslede is weer repatrieer na Nederland (met goedkeuring van die owerheid). Want hulle moet leef, die wêreld staan nie stil nie. Kaptein Van Soest het ongemerk die Kaap op 'n Britse skip verlaat. En is in Nederland weer aangekeer - want hy is sonder die medewete van die Kaapse Justisie daar weg. En die Kaapse Justisie wou die (nou ontslane) kaptein eers in die Kaap hou, indien ander sake of verhore weer mag opduik.
Nou waar kom die idee van die "kelder-gedagte" vandaan? Nóg in die getuienis, nóg in die uitspraak is enige sprake van doelbewuste stranding, skryf Malan. WATWOU NOG 'N SKAT! Kyk, Van Soest het sy verhoor so lank moontlik uitgerek. En toe die Raad van Justisie aan die Kaap eers in 1724 (twéé jaar na die stranding!) eers hul uitspraak lewer, was die Here XVII allermins beïndruk. Hulle het (heel emosioneel) in 'n brief aangevoer dat Van Soest hul skip aspris gekelder het net om hul goed te roof en te plunder. Daar is die saadjie geplant vir verbeeldingryke vlugte. Van Soest is glad nie in die Kaap ter dood veroordeel nie: hy is van sy pos onthef, het sy rang en salaris verbeur, is onbevoeg verklaar en hy mag nooit weer in die Kompanjie se diens tree nie. Boonop is al sy besittings wat aan die Kompanjie behoort het, gekonfiskeer.
Al hierdie bronne en getuienisse rakende die Schoonenberg-saak is in die Kaapse argief saamgebundel. Suidpunt (kontak) 20:22, 1 April 2018 (UTC)
HEI!!! GEKKEDAGGRAP?! Suidpunt (kontak) 20:27, 1 April 2018 (UTC)