dikvellig

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

'n Persoon is dikvellig wanneer hy nie maklik ontsteld of beledig word nie en wat kritiek kan hanteer. 'n Voorbeeld van 'n dikvellige persoon is iemande wat beledig word en eenvoudig sê: "wat ook al, ek gee nie om nie."

As jy sê dat iemand dikvellig is, bedoel jy dat hulle nie maklik ontstel word deur kritiek of onaangenaamdhede nie.

Dit kan ook 'n negatiewe konnotasie hê:

Daar bestaan 'n idioom: Iemand het ʼn blikbord voor die kop.

Betekenis: Iemand is onbeskaamd. Iemand is dikvellig.

Die idioom word gebruik omdat niks wat ʼn mens sê tot die persoon kan deurdring nie, asof hy ʼn blikbord voor die kop het.

    Voorbeeldsinne

  • Jy moet dikvellig wees om hier as politikus te oorleef.
  • Hy was dikvellig genoeg om haar beledigings te hanteer.
  • Hy sal nie luister nie - hy is te dikvellig.

    Sinonieme

  • taai
  • taktloos, stomp (alhoewel dikvellig nie noodwendig beteken dat jy taktloos of stomp is nie)

    Antonieme

  • sensitief
  • liggeraak

    Vertalings

Engels: thick-skinned