reël

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Mens moet tussen die lyne skryf.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  reël     reëls    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  reëltjie     reëltjies  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. 'n Lyn waarop 'n mens skryf of waarop letters staan.
  2. Die woorde wat in 'n lyn geskryf word; 'n sin in 'n teks.
  3. 'n Voorskrif, riglyn, norm of standaard; instruksies van wat gedoen mag en nie gedoen mag word nie; beste handelswyse.

    Voorbeeldsinne

  1. Skryf jou naam en die datum in die eerste reël.
  2. Die reël lees moeilik, miskien moet jy die oorskryf.
  3. Jy moet die reël nakom. Die Goue Reël is om ander te behandel soos jy wil hê hulle jou moet behandel.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: rule(en)
Nederlands: regel(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  reël 
Verlede Tyd  ek   het gereël        

Werkwoord

    Betekenisse

Sorg dat 'n gewenste effek bereik word; organiseer en sorg dat dinge gebeur soos dit moet; voorberei; in orde bring; skik.

    Voorbeeldsinne

Piet sal reël dat die boot om 13.30 uur daar aankom.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: arrange(en), organize(en)
Nederlands: regel(nl)