buig

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Buig in 'n rivier.

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  buig 
Verlede Tyd  ek   het gebuig        

Uitspraak

   
(lêer)

Werkwoord

    Betekenisse

  1. Wat krommend vervorm is.
  2. Krom maak of word.
  3. 'n Eerbiedige buiging maak.
  4. (figuurlik) Onderdanig toegee; jou onderwerp.

    Voorbeeldsinne

  1. Die pad buig na regs.
  2. Hy buig die yster.
  3. Sy buig omlaag toe sy die koning ontmoet.
  4. Menige wat nie die knie wou buig nie, is na Engeland in gevangenis gestuur.

    Spreekwoorde

«Buig of bars.»
Ten alle koste iets doen.
«Die knie buig
Die stryd gewonne gee.
«Wat nie buig nie, moet breek
Wie nie wil toegee nie, moet die gevolge dra.
«Voor Baäl die knie buig
Afvallig word en die ware leer versaak.
«Buig die boompie solank hy jonk is.»
Vorm 'n kind se karakter terwyl hy nog jonk is.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels bend(en), bow(en), submit(en)
Nederlands buigen(nl)