Samestelling van staat en kaping (buit; roof). Dien as leenvertaling vir state capture uit die Engelstalige Suid-Afrikaanse dagblaaie (jaar 2016). Word ook tot LitNet se "Woord van die Jaar" aangewys in 2016.[1]
Pres. Jacob Zuma het 'n aansoek om verlof tot appèl by die hooggeregshof in Pretoria ingedien teen 'n hofbeslissing waarin hy beveel word om binne 30 dae 'n geregtelike kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping op die been te bring.[2]