morele wet

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
       

    Betekenisse

Daar is verskillende definisies van die morele wet:

  • 'n Groep reëls wat beskou word as universeel en onveranderlik.
  • Die uitvoering van God se wil. Die tien gebooie sou beskou kon word as God se morele wette.
  • 'n Mens se gewete of die mens se morele aard
  • 'n Sin vir wat reg en verkeerd is.
  • Natuurlike geregtigheid soos geopenbaar aan menslike rede.
  • Buitetydelike etiese beginsel van idealistiese filosofie, beskou as die verpligte grondslag van die gedrag van elke individu. Kant het die morele wet voorgehou as 'n absolute morele voorskrif, wat nie 'n empiriese grondslag nodig het nie, inherent aan die menslike natuur. Hy het dit 'n kategoriese imperatief genoem.

In die Bybel in Romeine 2:15 staan: "Die optrede van sulke mense bewys dat die eise van die wet in hulle harte geskrywe staan. Ook hulle gewetens getuig daarvan wanneer hulle in 'n innerlike tweestryd deur hulle gedagtes aangekla of vrygespreek word."

Hier word verwys na God se morele wet.

    Sinonieme

etiek, sedelikheid

    Afgeleide woorde

moraliteit, moraal