befok
Voorkoms
Taalwaarskuwing Die inskrywing bevat swak of andersins onsmaaklike taal. Maak asb. seker dat u internetfilter dit blokkeer. |
Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
---|---|---|
Teenwoordige Tyd | ek | befok |
Verlede Tyd | ek | het befok |
-
(lêer)
- be•fok
- (pejoratief) Kragwoord, sterker as bedonder(d) en beduiwel(d).
- Hulle het jou befok.
- bedonder, verkul, befoeter, beduiwel, ingeloop, mislei, bedrieg, geflous, uitoorlê, ore aangesit, om die bos gelei, 'n knop gesteek, oogklappe aangesit, 'n rat voor die oë gedraai, gefop, koudgelei.
Byvoeglike naamwoord |
---|
befok |
- (pejoratief) Kragwoord, sterker as bedonder(d) en beduiwel(d).
- 1. Is jy nou befok (in jou kop)? - bedonderd, bossies, gek, mal, van jou sinne beroof, van lotjie getik, dwaas.
- 2. Moenie my nou befok maak nie! Ek is befok vir jou! - die donder in, bedonderd, die bliksem in, die hel in, die josie in, woedend, befoeterd, siedend, briesend, boos, smoorkwaad.
- 3. Dié kar is befok, jô! - moerse, kwaai, fantasties, verruklik, briljant, uitstekend, uitmuntend, voortreflik.
- 4. Pasop, die slang is befok. - aggressief.
Tussenwerpsel |
---|
befok |
- (pejoratief) Kragwoord, sterker as bedonder(d) en beduiwel(d).
- Befok! - moerse!, kwaai!, fan(fokken)tasties!, gaaf!, goed so!, hoog tyd!, cool!, verruklik!, briljant!, uitstekend!, uitmuntend!, voortreflik!, subliem!
Bywoord |
---|
befok |
- (pejoratief) Kragwoord, sterker as bedonder(d) en beduiwel(d).
- Hy is befok vinnig hierlangs verby. – donders vinnig, fokken vinnig, met 'n moerse spoed, so vinnig soos blits, blitsvinnig, geweldig vinnig, verskriklik vinnig.
- Die drank is befok sterk. - moer sterk, fokken sterk, donders sterk, erg sterk.