bas
Jump to navigation
Jump to search
Afrikaans (af)
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
bas | baste |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
bassie | bassies |
Uitspraak
- Hulp:IPA: [bɑs]
-
(lêer)
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- Die buitenste omhulsel van die takke en stamme van houtagtige plante soos bome.
- Die vel of lyf van 'n mens of dier, in besonder die agterstewe.
Voorbeeldsinne
- Die doel van die bas is om die plant teen aanslae van buite te beskerm.
- Die meneer gaan die velle van jou bas aftrek as jy stokkiesdraai.
Spreekwoorde
- «Tussen die boom en die bas.»
- Dit gaan so-so, goed nie en ook nie sleg nie.
- «Tussen die bas, meer los as vas.»
- Taamlik middelmatig.
- «Iemand op sy bas gee.»
- Iemand 'n pak slae gee.
Vertalings
Vertalings: bas | |||
---|---|---|---|
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
bas | basse |
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- Die laagste manstem.
- 'n Sanger met so 'n stem.
Voorbeeldsinne
- Die bas is laer as die bariton.
- Frederick Dalberg is 'n operasanger wat as bas hoë aansien in die buiteland verwerf het.
Vertalings
Vertalings: bas | |||
---|---|---|---|
Meer inligting
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor bas.