Gaan na inhoud

kant

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Enkelvoud Meervoud
  kant     kante    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  kantjie     kantjies  
  1. Die sy van 'n voorwerp; een van die helftes (sykant, syvlak).
  2. Rand van 'n voorwerp; waar twee vlakke teen 'n hoek met mekaar aansluit; smal sy; grens.
  3. Rigting van iets/iemand.
  4. Netjies maak; skoonmaak; opgeruim.
  5. Uitwis; uitroei; doodmaak.
  6. Fyn materiaal om klere af te rond; kunstige vlegwerk van linne, katoen of sy.
  1. 'n Vel papier het twee kante. Van watter kant af moet mens dit bekyk?
  2. Pasop, daardie kant van die mes is baie skerp. Die man spring van die kant van 'n gebou af.
  3. Watter kant toe moet ons ry? Die regte kant word op die bord aangedui.
  4. Maak jou kamer aan die kant.
  5. Die man het homself van kant gemaak.
  6. Die kant op die rok is netjies afgewerk.
Jou kant bring (deel doen).
Hou die blink kant bo (beste voet voorsit).

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: edge(en), side(en), tidy(en), lace(en)
Esperanto: flanko(eo)
Nederlands: kant(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  kant 
Verlede Tyd  ek   het gekant        
  1. Verset teenoor; opponeer.
  2. Kantel; skeeftrek.
  1. Ek is teen dit gekant. Die betoger kant hom teen die regering se vergrype.
  2. Die skuur kant na noord.

    Vertalings

  Vertalings:   
Nederlands: [[]](nl)