kolf
Voorkoms
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| kolf | kolwe |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| kolfie | kolfies |
- kolf
- (sport) 'n Stuk sporttoerusting wat met albei hande vasgehou en geswaai word om 'n bal meer te slaan sodat dit deur die lug trek - bv. in krieket, bofbal, ens. In sekere ander sportsoorte word die term stok egter verkies vir 'n soortgelyke aanwending soos in gholf of hokkie byvoorbeeld, of raket in bv. tennis of muurbal.
- (militêr) Die deel van 'n geweer wat teen die skouer vasgedruk word wanneer dit gebruik word.
- (chemie) Enige van 'n aantal platboomflesse wat vir verskeie soorte skeikundige doeleindes gebruik word - tipies in laboratoriums.