lyf

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Jump to navigation Jump to search

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  lyf     lywe    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  lyfie     lyfies  

Open book 01.png Selfstandige naamwoord

   Crystal Clear app kedit.svg Betekenisse

  1. Die fisieke liggaam van 'n dier of 'n mens.
  2. Die belangrikste gedeelte van iets.

   Emojione 1F4DA.svg Voorbeeldsinne

  1. In die Griekse mitologie was Minotaurus ’n kreatuur met die kop van ’n bul en die lyf van ’n man.
  2. 'n Goeie opstel bestaan uit die inleiding, gevolg deur die lyf en die slot.

   Nuvola apps gaim.png Spreekwoorde

«Te lyf gaan.»
Iemand fisies aanval.
«Lyf wegsteek»
Nie jou deel doen wanneer daar gewerk word nie.
«Skrik op die lyf jaag.»
Iemand bang maak.
«Hy het sy lyf vet gesmeer.»
Hom vir 'n pak slae regmaak.
«Sy het 'n kop op haar lyf
Sy is knap en baie slim.
«Dit het nie veel om die lyf nie.»
Karig en nie veel werd nie.

   Gnome-globe.svg Vertalings

  Vertalings:   
Engels: body(en)
Nederlands: lijf(nl)