Gaan na inhoud

skuiwergat

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Twee skuiwergate in 'n trapgang

Afrikaans

[wysig]

Selfstandige naamwoord

[wysig]

skuiwergat (meervoud skuiwergate)

skui•wer•gat
  1. (figuurlik) 'n Plek, taktiek of metode om 'n situasie of verantwoordelikheid te vermy of te ontduik.
  2. (figuurlik) 'n Leemte of gebrek in wetgewing of regulasies wat uitbuiting of nie-voldoening fasiliteer.
  3. 'n Spui- of dreineringsgat om water of afvalstowwe deur te laat, o.m. in 'n skeepsromp op dekvlak, in die borswering van 'n kasteeltoring, of in 'n kraalmuur om mis uit te werk.
  4. 'n Opening of luik wat bedek of toegeskuif kan word.
  5. 'n Gat wat steierwerk of 'n steierpaal bestendig.
  6. 'n Agterdeur wat as 'n ontsnaproete dien.
  1. Vlugtelingstatus is nie 'n maklike skuiwergat nie.
  2. Kenners meen kredietversekering gaan steeds as skuiwergat gebruik word om mense uit te buit.

    Sinonieme

  1. ekskuus, uitkomkans, uitkomplek, uitvlug, uitweg, verskoning
  2. gebrek, leemte
  3. rioelgat, spuigat
  4. luik
  5. steiergat

    Vertalings

  Vertalings:    skuiwergat
Duits: Speigatt(de)
Engels: loophole(en) scupper(en) drain-hole(en) scaffolding-hole(en)
Nederlands: spuigat(nl)