vonkpos

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  vonkpos     vonkposse    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  vonkpossie     vonkpossies  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

'n Elektroniese besending van inligting wat m.b.v. 'n unieke adres gestuur of ontvang kan word deur van die internet as medium gebruik te maak. Dit kan bloot teks bevat of 'n verskeidenheid van ander elektroniese media, soos foto's, klankgrepe, beeldmateriaal, aangehegte dokumente, koördinate, ens.

    Voorbeeldsinne

Die vonkpos was te groot weens al die aanhangsels en kon dus nie gestuur word nie.

    Sinonieme

e-pos

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels e-mail(en)
Nederlands e-mail(nl)
Russies Эл. почта(ru)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  vonkpos 
Verlede Tyd  ek   het gevonkpos        

Werkwoord

    Betekenisse

Om inligting met of sonder bygaande elektroniese media deur die internet te stuur of ontvang met die gebruik van 'n unieke adres.

    Voorbeeldsinne

Wil jy nie asseblief vir my daardie liedjie vonkpos nie.

    Sinonieme

e-pos

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels e-mail(en)
Nederlands e-mailen(nl)