Gaan na inhoud

bloei

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
  1. Van Nederlands bloeden; in Hollandse dialekte ook bloeien met elisie van intervokaliese -d-. As Middelnederlands bloeden bekend sedert 1240, [1]
  2. Van Nederlands bloeien; van Oudnederlands bloion sedert 10e eeu.[2]
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  bloei 
Verlede Tyd  ek   het gebloei        
  1. (van 'n persoon, dier of liggaamsdeel) Om bloed deur 'n beseerde bloedvat te verloor..
  2. (van 'n plant) Om blomme te vorm
  1. Daar is min van ons wat nog nie in ons lewe só seergekry het dat dit baie gebloei het nie.[3]
  2. Sommige plante bloei meer as een keer per jaar
Enkelvoud Meervoud
  bloei      
  1. (van 'n plant) vorming van blomme; die tyd waarin 'n plant bloei
  2. oordragtelik 'n tyd van voorspoed
  1. Oor ’n paar kort weke is die bome weer groen, die blommetjies weer aan die bloei, en die gras weer lekker sag.[1]
  2. Die bloei van humor in Engeland gedurende die 18e eeu het dus gelê in die lyn van ontwikkeling van die idee, wat ná Humanisme en Renaissance op inniger bewuswording en groter geestesvryheid aangestuur het.[2]'
In die bloei van sy lewe
In sy beste jare; nie te jonk of te oud nie