gemeenskap

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  gemeenskap     gemeenskappe    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  gemeenskappie     gemeenskappies  

Woordafbreking

ge•meen•skap

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Samelewing; 'n aantal mense of diere wat saam 'n groep vorm.
  2. Met een of meer persone deel aan iets hê; 'n onderlinge deelgenootskap.
  3. Omgang; verkeer.

    Voorbeeldsinne

  1. Ons buurman behoort aan die gemeenskap van gelowiges. In die VSA is daar talle plaaslike gemeenskappe.
  2. Sy trou binne gemeenskap van goedere.
  3. Die mens het met sy vrou Eva gemeenskap gehad, en sy het swanger geword.[1]

    Vertalings

  Vertalings:    gemeenskap
Engels: community(en), intercourse(en)
Nederlands: gemeenschap(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor gemeenskap.

Verwysings

  1. Genesis 4:1