heiden

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  heiden     heidene, heidens  

Woordafbreking

hei•den

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

'n Persoon wat nie 'n Jood is nie; 'n persoon nie van Israel afkomstig.

'n persoon van 'n nie-Joodse nasie of van nie-Joodse geloof, maar 'n Christen wat van 'n Jood onderskei word. Enige persoon nie 'n Jood nie; dikwels spesifiek, 'n Christen.


Die Griekse ethnos wat in die konteks van vroeë Christendom as "heiden" vertaal word, impliseer nie-Israelities. Die term nie-Jood beskryf nie regtig wie iemand is nie, maar eerder wie hulle nie is nie - nie 'n Jood. 'n Heiden is iemand wat aan enige ander nasie of volksgroep behoort as die Joodse volksgroep. .

    Voorbeeldsinne

’n Huwelik tussen ’n prinses en ’n heiden was egter buite die kwessie.

    Afgeleide woorde

heidendom

    Vertalings

  Vertalings:    heiden
Engels: pagan(en), heathen(en), gentile(en)
Nederlands: heiden(nl)