leenvertaling

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  leenvertaling     leenvertalings    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  leenvertalinkie     leenvertalinkies  

Woordafbreking

leen•ver•ta•ling

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

(taalkunde) 'n Woord wat ontstaan het deur die dele van 'n samestelling in 'n ander taal te vertaal.

    Voorbeeldsinne

Die woord piesangrepubliek is 'n leenvertaling van die Engelse samestelling banana republic.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: loan translation(en), calque(en)
Frans: calque(fr)
Nederlands: leenvertaling(nl) v