(wetenskap) 'n Tak van die toegepaste natuurwetenskap wat hom besig hou met die verband tussen die samestelling en struktuur van materiale aan die een kant en hul eienskappe aan die ander kant.
Industriële toepassings van materiaalkunde sluit in prosesseringstegnieke (gietwerk, walswerk, sweiswerk, ioonimplantering, kristalgroei, dunne filmneerslag, sintering, glasblaas ens.), analitiese tegnieke (elektronmikroskopie, x-straalafbuiging, kalorimetrie, kernmikroskopie ens.), materiaalontwerp en koste/voordeel kompromieë in die industriële vervaardiging van materiale.