Gaan na inhoud

munt

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
[1] Munte.
Enkelvoud Meervoud
  munt     munte    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  muntjie     muntjies  
IFA: mœnt
  1. 'n Geldstuk wat van metaal geslaan word.
  2. 'n Instelling, normaalweg in staatsbesit, waar munte en geldnote vervaardig word.
  1. 'n Goue munt se waarde kan afhang van die heersende goudprys, maar die uniekheid van die munt speel ook 'n groot rol in prysbepaling.
  2. Op dié stadium is daar steeds goud gedelf en genoeg goud is gevind om die oprigting van 'n munt te regverdig.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: Geld: coin(en); Fabriek: mint(en)
Nederlands: munt(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  munt 
Verlede Tyd  ek   het gemunt        
Muntstukke vervaardig.
Daar is amptelik 986 goue muntstukke gemunt, elk met 'n oorspronklike waarde van 22 sjielings.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: coined(en)
Nederlands: munten(nl)