opkom

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Die son kom op.

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  kom op   
(in bysin)   ... dat ek  opkom 
Verlede Tyd  ek   het opgekom        

Woordafbreking

op•kom

Werkwoord

    Betekenisse

  1. Na bo beweeg; styg.
  2. Omhoog kom; opstaan; jouself reguit maak.
  3. Idee of gedagte wat opskiet; byval.
  4. Iemand verdedig; in die bresse tree.

    Voorbeeldsinne

  1. Die son kom op. Dit lyk of die maan agter die see opkom.
  2. Die saad het opgekom. Hy sukkel om uit die bed op te kom.
  3. Die gedagte het by my opgekom.
  4. Hy kom op vir die armes van gees.

    Spreekwoorde

Self die mas opkom (op eie stoom 'n taak voltooi).

    Sinonieme

opgaan

    Antonieme

afkom, neerkom, ondergaan

    Vertalings

  Vertalings:    opkom
Engels: come up(en), rise(en)
Nederlands: komende(nl)