paar

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Jump to navigation Jump to search

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  paar 
Verlede Tyd  ek   het gepaar      

Nuvola apps edu languages.png Uitspraak

Hulp:IPA: [pɑːɾ]

Open book 01.png Werkwoord

   Crystal Clear app kedit.svg Betekenisse

  1. In groepe van twee bymekaar maak; maats maak.
  2. Omgang hê; kopuleer (diere).

   Emojione 1F4DA.svg Voorbeeldsinne

  1. Dansers wat aan die volkspele deelneem moet nou paar.
  2. Krokodille paar in die water, waarna die wyfie 'n gat in die grond grawe waarin sy haar eiers lê.

   Gnome-globe.svg Vertalings

  Vertalings:   
Engels: pair(en), copulate(en)
Nederlands: paar(nl), paren(en)
Enkelvoud Meervoud
  paar     pare    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  paartjie     paartjies  

Open book 01.png Selfstandige naamwoord

   Crystal Clear app kedit.svg Betekenisse

  1. Twee items wat bymekaar pas; saam gebruik word.
  2. Twee mense wat 'n verhouding het.
  3. Twee of meer, maar nie baie nie; 'n klompie.

   Emojione 1F4DA.svg Voorbeeldsinne

  1. Ek sal 'n nuwe paar skoene moet koop.
  2. Die paar(tjie) het twee seuns.
  3. Die meeste krappe kom in die see voor, maar daar is 'n paar wat in varswater voorkom, en selfs 'n paar wat op land leef.

   Nuvola apps gaim.png Spreekwoorde

«Twee is paar, drie is onpaar.»
By 'n verliefde paartjie is 'n derde persoon 'n oorlas.
«Ek is 'n paar lengtes voor hom.»
Vaar beter as iemand wat teen jou wedywer.
«Hy het 'n paar kruisies agter die rug.»
Hy is taamlik oud/bejaard.

   Gnome-globe.svg Vertalings

  Vertalings:   
Engels: pair(en), couple(en)
Nederlands: paar(nl)