saak

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  saak     sake    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  sakie     sakies  

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. 'n Aangeleentheid; iets wat gebeur, bespreek of behartig moet word.
  2. Sakebedrywigheid; 'n transaksie of handel.
  3. Iets wat in die hof voorkom; 'n regsgeding.

    Voorbeeldsinne

  1. Ons sal dringende aandag aan die saak moet gee.
  2. Ons doen al jare lank met hom sake.
  3. Dokters het die saak teen die tabakindustrie gefinansier.

    Spreekwoorde

«Werp lig op die saak
Die saak verduidelik.
«Die saak te berde gebring.»
Vir bespreking opper.
«Elke saak het twee kante.»
Sake moet van alle kante beskou word.
«Elke saak het sy blink kant.»
Niks is net sleg nie.
«Gee die saak gewonne.»
Erken dat jy verkeerd is/ verloor het.
«Moenie die saak verkeerd aanlê nie.»
Verkeerd aanpak.
«Die saak goed bewimpel.»
Toegesmeer; lig met die waarheid omgaan.
«Die saak blou-blou gelaat.»
Nie aangeroer of afhandel nie.
«'n Saak in die reine bring.»
Die waarheid openbaar; oplos en duidelik maak.

    Vertalings

  Vertalings:    saak
Engels: thing(en), case(en), cause(en), matter(en), business(en), affair(en), concern(en), trade(en)
Nederlands: zaak(nl)