skrikkeljaar

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  skrikkeljaar     skrikkeljare  

Woordafbreking

skrik•kel•jaar

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

'n Jaar met 366 dae; jaar met 'n ekstra dag om die kalenderjaar met die astronomiese jaar te sinkroniseer.

    Voorbeeldsinne

Die Gregoriaanse kalender voeg op skrikkeljare 'n ekstra dag by Februarie in jare wat deur vier deelbaar is, behalwe vir jare wat deur 100 deelbaar is maar nie deur 400 deel nie.

    Spreekwoorde

«Dis nie aljaar skrikkeljaar nie.»
'n Mens kan nie net plesier wil hê nie.

    Vertalings

  Vertalings:    skrikkeljaar
Engels: leap year(en)
Nederlands: schrikkeljaar(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor skrikkeljaar.