soet

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   soet     soet     soets    
Vergrotend   soeter     soeters  
Oortreffend   soetste    
Bywoord
Oortreffend   stroopsoet, suikersoet  

Byvoeglike naamwoord

    Betekenisse

  1. Wat 'n aangename smaak het, soos suiker of heuning.
  2. Aangenaam vir die sintuie; wat nie sout of suur is nie.
  3. Gehoorsaam wees.

    Voorbeeldsinne

  1. Sy het lus vir iets soeters want sy het 'n gevoel sy gaan die energie nodig hê.
  2. Kan 'n fontein uit dieselfde oog soet en bitter water laat opborrel? Die soete geur van blomme.
  3. As jy soet is, kan jy 'n suigstokkie kry.

    Spreekwoorde

«Die soet en die suur van die lewe.»
Die goeie en slegte van die lewe.
«Dis 'n soet druppel in sy beker.»
Iets wat te midde van teëspoed vreugde bring.
«Honger maak rou bene soet
Vir iemand wat honger is, smaak alles lekker.
«Na suur kom soet
Ná die onaangename kom die aangename.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: sweet(en)
Nederlands: zoet(nl)