treffer

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  treffer     treffers    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  treffertjie     treffertjies  

Woordafbreking

tref•fer

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Iets wat byval vind en dadelik gewild is, veral in die musiekbedryf.
  2. Iets wat die doel tref; 'n raakskoot of gelukkige toeval.
  3. (rekenaarwetenskap) Resultaat van 'n soekopdrag.

    Voorbeeldsinne

  1. In 2008 het hulle treffer Huistoe 'n Tempo-nominasie ontvang as gewildste liedjie van die jaar.
  2. Wel gedaan, dis 'n treffer!
  3. Google daarvoor, die eerste treffer sal jou na die regte bladsy lei.

    Vertalings

  Vertalings:    treffer
Engels: hit(en)
Nederlands: treffer(nl)