woonwa

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
[1] 'n Woonwa wat langs die see geparkeer is.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  woonwa     woonwaens    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  woonwaentjie     woonwaentjies  

Woordafbreking

woon•wa

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

Sleepwa waarin mense kan bly en slaap, wat tipies vir vakansies gebruik word.

    Voorbeeldsinne

Ná sy aftrede het hy met sy woonwa die wêreld deurkruis, by geleentheid vanaf Kaapstad tot in Kaïro en van daar na Europa.

    Sinonieme

karavaan

    Vertalings

  Vertalings:    woonwa
Engels: caravan(en)
Duits: Wohnwagen(de)
Nederlands: karavaan(nl)