stuwer

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Stuwer van 'n drieslag-turbokompressor wat lug saampers.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  stuwer     stuwers  

Uitspraak

IPA: [ˈstyvər], meervoud: [ˈstyvərs]

Met Arabiese letters

سْتُیڤِرْ , meervoud: سْتُیڤِرْسْ

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

(tegniek) Die draaiende element in 'n sentrifugale pomp wat die stukrag verleen om die vloeier in beweging te bring en/of saam te pers.

    Voorbeeldsinne

'n Sentrifugale pomp is 'n pomp wat 'n roterende stuwer gebruik om die snelheid van 'n vloeistof te verhoog.

    Afgeleide woorde

stuwerblad

    Vertalings

  Vertalings:    stuwer
Duits: Flügelrad(de)
Engels: impeller(en)
Russies: лопастное колесо(ru) (lopastnoje koleso)