Johannesburg

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Besienswaardighede in Johannesburg.

Afrikaans (af)

Pleknaam
Johannesburg

Etimologie

Waarskynlik genoem na Johann Rissik en Christiaan Johannes Joubert, wat die ligging van die mynstad gekies het. Dit is ook moontlik dat die stad na veldkornet Lucas Johannes Meyer, die eerste owerheidsambtenaar van Johannesburg, genoem is.

Woordafbreking

Jo•han•nes•burg

Pleknaam

    Betekenisse

Die vernaamste sake- en bevolkingsentrum van Suid-Afrika, die hoofstad van die Gautengprovinsie en setel van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika.

    Voorbeeldsinne

Johannesburg is ook die sentrum van 'n verstedelikte gebied met meer as 8 miljoen inwoners wat van Pretoria in die noorde tot by Vereeniging in die suide strek.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: Johannesburg(en)
Nederlands: Johannesburg(nl)
Xhosa: eGoli
Zoeloe: iGoli(zu)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor Johannesburg.