Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
-
- bek
- Die mond van 'n dier of snawel van 'n voël.
- (disfemisme) Die mond van 'n mens.
- Opening wat aan 'n mond herinner.
- Die kat dra sy kleintjies in sy bek.
- Die vent se bek is te groot, hy moet sy smoel hou.
- Die grot se bek het toegeval.
- «Hy is net bek.»
- Hy is 'n grootprater.
- «Sy is glad van bek.»
- Sy kan goed praat.
- «Hy is bek-af.»
- Hy is baie mismoedig.
- «Sy is nie op haar bek geval nie.»
- Sy kan baie goed en pittig praat.
- «Hy sit met 'n dik bek.»
- Hy is ontevrede en nukkerig.
- «So 'n bek kort jêm!»
- Dit maak sin; dis die moeite werd om te luister wat gesê word.