generator

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  generator     generatore    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  generatortjie     generatortjies  

Woordafbreking

ge•ne•ra•tor

Uitspraak

IPA: [generaˈtor]

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

'n Elektriese masjien wat bestaan uit 'n stasionêre deel en 'n roterende deel wat binne-in die stasionêre deel tol. Die roterende deel word ekstern aangedryf om te tol. Deur die kombinasie van die stilstaande en draaiende gedeeltes word relatiewe beweging bewerkstellig tussen 'n magneetveld waarvan die magnetiese vloedlyne deur 'n elektriese spoel beweeg, om sodoende 'n elektriese potensiaalverskil te veroorsaak en 'n elektriese stroom indien die nodige stroombaan daarvoor bestaan. Sodoende wek die generator elektrisiteit op deur meganiese wringkrag om te skakel na elektrisiteit. Die elektrisiteit kan as wisselstroom of gelykstroom ontwikkel word afhangend van die ontwerp.

    Voorbeeldsinne

Die generator is 'n belangrike komponent van 'n kragstasie.

    Sinonieme

dinamo, alternator

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: generator(en)
Nederlands: generator(nl)
Russies: генератор(ru) (ghinirater)