Gaan na inhoud

kiem

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Enkelvoud Meervoud
  kiem     kieme  
  1. (biologie) Dié deel van 'n vrug waaruit 'n nuwe plant of dier kan groei.
  2. (medies) Die mikroskopiese veroorsaker van 'n siekte.
  3. (figuurlik) Wat ook al waaruit iets kan groei of ontstaan.
  1. Die kiem bestaan by diere gewoonlik uit drie kiemlae.
  2. V. cholerae veroorsaak egter epidemiese cholera. Die kiem produseer 'n gifstof, 'n enterotoksien.
  3. So is die kiem gesaai van die eeuelange stryd tussen Engelse kerkleiers en die Engelse monargie.
kiemlaag, kiemstremmiddel
«In die kiem smoor.»
Iets onderdruk voordat die kans het om te groei.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: germ(en)
Nederlands: kiem(nl)
Russies: зародыш(ru) m
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  kiem 
Verlede Tyd  ek   het gekiem        
(plantkunde) Begin om te groei vanuit 'n kiem of saadjie
Enkele plante kiem pas na 'n brand.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: germinate(en)
Nederlands: ontkiemen(nl)