'n Onwettige belegginskema waarin elke lid 'n bedrag kapitaal belê. Die piramideskema betaal gereeld rente uit aan lede vanuit die kapitaalbeleggings van nuwe lede. Sodra die rente wat die skema uitbetaal meer word as die nuwe beleggings wat hy inkry, kan die skema nie meer sy skuld betaal nie en stort dit ineen.