prys

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  prys     pryse    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  prysie     prysies  

Woordafbreking

prys

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (ekonomie) Hoeveel iets kos; bedrag (meestal in geld) wat vir 'n item of diens betaal word.
  2. Iets wat jy wen; 'n uitsonderlike beloning, byvoorbeeld vir 'n bepaalde prestasie.

    Voorbeeldsinne

  1. Die pryse het hierdie winter sterk gestyg.
  2. Hy wen die tweede prys in die lotery.

    Spreekwoorde

«'n Prys op iemand se kop.»
'n Beloning word aanbied om iemand te vang.

    Vertalings

  Vertalings:    prys
Engels: price(en)
Nederlands: prijs(nl)
Xhosa: dumisa
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  prys 
Verlede Tyd  ek   het geprys        

Werkwoord

    Betekenisse

  1. Die prys bepaal of 'n prys op 'n item aanbring.
  2. Waardering uitspreek; gunstig praat oor.
  3. Roem en lof besing.

    Voorbeeldsinne

  1. Die goedere op hierdie rak is sonder BTW geprys.
  2. Die polisie is vir hul flink optrede geprys.
  3. Loof en prys die Here.

    Spreekwoorde

«Ek stel dit op prys
Waardeer iets.
«Elke dassie prys sy eie kwassie.»
Elkeen is trots op sy eie.
«Elke hond/jakkals prys sy stert.»
Mense is geneig om hulself te prys.

    Vertalings

  Vertalings:   1. Prys bepaal/ aanbring.
Engels: price(en)
Nederlands: prijzen(nl)
  Vertalings:   2, 3. Waardering uitspreek, lof besing.
Engels: praise(en)
Nederlands: prijzen(nl)
Xhosa: bonga